UITSTEKENDE BELEGGINGSGELEENTHEID IN VYFHOEK-OMGEWING IN IN POTCHEFSTROOM
Hierdie kleinhoewe bestaan uit 'n 3 slaapkamerhuis met sinkdak, waarvan die hoofslaapkamer omskep is in 'n "bachelors" met teëlvloere. Die "bachelors" het 'n aparte kombuis en badkamer wat bestaan uit 'n bad, wasbak en toilet. Die addisionele twee slaapkamers deel 'n badkamer (stort, bad, wasbak en toilet). Verder het die hoofhuis 'n ruim kombuis met 'n aparte opwas, TV-kamer, studeerkamer en oopplan sit-/eetkamer. Daar is 'n motorafdak vir een voertuig. Woning 2 en 3 is elk 'n 2-slaapkamer woonstel met teëldak en teëlvloer. Hierdie woonstelle word tans verhuur wat 'n maandelikse inkomste van R9000 inbring. Albei woonstelle is identies, wat bestaan uit 1 badkamer (bad, wasbak en toilet) en 'n oopplankombuis en sitkamer. Al die slaapkamers in die woonstelle het ingeboude kaste. Daar is 'n ruim motorafdak met parkering vir 4 voertuie. Daar is ook 'n addisionele buite gebou wat toegerus is met 'n stort, toilet en wasbak. Die grond op hierdie kleinhoewe is geskik vir groenteboerdery. Aan die voorkan is pallisades en 'n elektriese motorhek. Die res van die kleinhoewe het elektriese omheining. Daar is 'n toegeruste boorgat vir besproeiing. Die eiendom is van munisipale krag afhanklik, alhoewel solar geysers help om krag te bespaar. Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Kontak asb vir 'n afspraak. Property Reference #: 2102186 Agent Details: Koos Dupper Noordbrug Properties 4 Stuart Street Potchefstroom
4.00/5
1 reviews
Price:
R 1.600.000,00
R 1.600.000,00
Contact
CONTACT