SOMEONE BEAT YOU TO IT! IN BARKLY WEST
Hierdie toeristebestemming en wildveiling lokaal sluit onder andere in 'n 46ha wildkamp met gewone, swart, wit en koper springbokke, gewone en swart rooibokke en Nyalas. Die wildveiling lokaal sluit onder andere in 'n Buffel boma met 7 aparte hokke en 1 groot hok, elk met sy eie water- en voerkrip, 'n Groot boma met 67 hokke vir verskillende wild soorte en 2 kameelperd hokke, elke hok met sy eie water- en voerkrip, 'n groot verstelbare laaibank en 'n oorhoofse besigtigings looparea van 3 125m², asook 'n 2 400m² voerstoor. Beide boma's is gebou en toegespan volgens geldende kwarentein regulasies. Vir toeriste wat net lekker wil kom ontspan word aangebied 'n 4 slaapkamer woonhuis met 2 badkamers, 2 sitkamers, 'n binnebraai area en bediendekwartier, asook 3 Gasterondawels, elk met sy eie badkamer, en 'n groot 2 slaapkamer Damhuis met 'n groot oopplan kombuis en leefarea, elke slaapkamer met sy eie badkamer. Verder bied hierdie eiendom ook 'n 3,6 ha lusernland met nuwe lusern onder 'n 1 toring spilpunt, 'n vliegtuig hanger, 'n onthaalsaal met mans en dames badkamers, asook 'n slagkamer met toepaslike koelkamers. Property Reference #: CL341 Agent Details: Johan Stemmet 3 Percent Com Properties (PTY) Ltd 15 Christiaan De Wet Street Jan Kempdorp 8550
4.00/5
1 reviews
Price:
R 7.250.000,00
R 7.250.000,00
Contact
CONTACT