-
loading
Ads with pictures

Regte kwalifikasie en


Top sales list regte kwalifikasie en

Stellenbosch (Western Cape)
BEMARKER EN TEGNIESE ADVISEUR – Hortologie Stellenbosch Hierdie gevestigde onderneming wat spesialiseer in die kweek, verspreiding en ontwikkeling van hoë kwaliteit vrugtebome en plantmateriaal beskik tans oor die bogenoemde posisie Pligte behels die volgende: - Bemarking van nuwe en bestaande wingerd- en steenvrugkultivars - Lewering van tegniese ondersteuningsdienste aan kliënte in die Wes-Kaap Hierdie is ‘n loopbaangeleentheid vir ‘n energieke, selfgedrewe persoon met ‘n doelwitgemotiveerde ingesteldheid. Verdere vereistes vir hierdie pos is as volg: - B.Sc. of ander toepaslike landbougraad of -diploma OF ‘n kwalifikasie in bemarking met ervaring in hortologie - Ondervinding en landboutegniese kennis van produksiepraktyke in bogenoemde gewasse - Uitstekende kommunikasie en interpersoonlike vaardighede - ‘n Passie vir mense en bemarking - Bereidwilligheid om gereeld te reis in die Wes-Kaap - Rekenaarvaardigheid in MS Office - Goeie vaardigheid in Afrikaans en Engels - Geldige bestuurslisensie ‘n Mededingende vergoedingspakket is onderhandelbaar volgens kwalifikasie en ervaring. Meld asb u salarisverwagting op die aansoek, asook kontakbare verwysings. Rig ‘n volledige CV (in Word asb) met kontakbare verwysings by die aansoek aan louise@wcp.co.za. Indien u geen terugvoer binne drie weke ná die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Responsibility:... Salary: Rmarket related Job Reference #: LRAD0217 Consultant Name: Louise Rossouw
See product
Cape Town (Western Cape)
Op soek na kandidate vir 'n Senior Menslike Hulpbron Bestuurder in die Noord Kaap. Kompeterende salaris paket aangebied vir die kandidaat met die regte kwalifikasie en ervaring Indien u sou belang stel in die geleentheid, stuur asseblief 'n kort epos met u kwalifikasie en ervaring na rapidjohan@gmail.com
See product
Worcester (Western Cape)
Goeie dag almal Ek is opsoek na ñ pos op ñ plaas of enige ander landbou onderneming. Ek het ñ Boerdery Bestuur N6 kwalifikasie en wag nog vir my Deploma. Ek het kennis in die verbouing en kwaliteit inspeksie van tafeldruiwe. Ek het ook ondervinding met die kwaliteit inspeksie van steen en kernvrugte by pakstore en koue vrugte. Ek het ondervinding in besproeing instaleer en resperasies. My cv en kwalifikasie is op aanvraag beskikbaar. Kontak my gerus by 0632265425 of vind my op whatsapp.
See product
Paarl (Western Cape)
Goeie dag Ek het ñ Boerdery Bestuur N6 kwalifikasie en wag nog vir my Deploma. Ek is op soek na ñ pos op ñ plaas. Ek het kennis in die verbouing en kwaliteit inspeksie van tafeldruiwe, kern en steenvrugte. Ek het ook ñ pasie vir diere en sal graag met vee ook wil werk. Ek het ñ natuulike maganiese anleg. Ek kan met elektrisiteit (enkel en 3 fases) werk. Ek kan motor machanics en 4 soorte sweis werk doen. Ek ook besproeiing doen. As iemand vir my ñ geleentheid het skakel my asb by 0632265425 of vind my op whatsapp.
See product
Paarl (Western Cape)
'n Gevestigde vervaardigingsmaatskappy, met sy aanleg geleë in die Paarl/Klapmuts area, beskik tans oor bogenoemde betrekking vir 'n betroubare persoon wat voldoen aan die volgende vereistes: - Rekeningkundige graad of diploma - Goeie excel kennis - Goeie finansiële kennis - Goeie kommunikasie vaardighede - 3 jaar of meer ondervinding in 'n soortgelyke pos. Die suksesvolle kandidaat sal aan die finansiële bestuurder rapporteer en nou saamwerk met die krediteure en debiteure afdeling. Rekeningkundige pligte behels o.a: - Teboekstelling van banktransaksies en joernale - Laai van betalings - Bestuur en opdatering van die krediteure stelsel - Byhou van verskaffer roumateriaal kontrak leêrs - Nagaan van krediteure rekonsiliasies en ouderdoms analises. - Nagaan van debiteure fakture - Maandelikse BTW rekonsiliasies, opstelling van BTW verslae - Opdatering en byhou van bateregister - Allokasie van uitgawes na hul regte rekeninge - Bestuur van kleinkas - Maandeinde rekonsiliasies - Bystaan en kontrole oor voorraadopnames - Waardasie van voorraad - BEE administrasie indien nodig - Enige ander ad hoc administrasie / finansiele take soos vereis word. Aflos van debiteure kontroleerder indien hy/sy op verlof is: - Opdatering van debiteure pryslyste - Skryf van debiteure joernale - Invoer van debiteure fakture en kredietnotas Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Stuur CV aan: nielvanrenen@gmail.com voor 9 Julie 2021. Salaris: Ongeveer (R20,000 - R25,000) per maand afhangende van kwalifikasies en ondervinding. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
See product
Worcester (Western Cape)
Siviele Terreinbestuurder / Civil Site Agent Het jy ervaring in siviele- en boukonstruksie? Is jy werkgierig en witwarm wanneer dit by die algemene en "hands-on" bestuur van projekte kom? Indien so, ondersoek hierdie geleentheid om by 'n dinamiese siviele ingenieurswes- en kontrakteursfirma in Worcester aan te sluit. Wat sal daar van jou verwag word? Bestuur en beplan konstruksiesprojekte. Mitigeer enige vertragings onmiddellik. Beplan en beding beste boumateriaalpryse in oorleg met die Aankoper en QS. Verseker toepassing van Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, asook arbeidswetgewing en prosedures. Verduidelik en kommunikeer teikens en uitkomstes aan spanwerkers. Beskikbaar om gerieflik binne omtrek van 150km vanaf Worcester te werk, asook om indien nodig, oortyd te kan werk. Vermoë om spanne van tussen 20-30 werkers te bestuur. Waaroor moet jy reeds beskik? 5-10 jaar siviele ondervinding (hoofsaaklik grond-, beton- en bouwerk) wat bestuur/toesig insluit. Relevante kwalifikasie bv. Nasionale Diploma/BTech in Siviele Ingenieurswese geniet voorkeur. Kennis van kostebestuur, vorderingsverslae, opmetings en betalingsertifikate. Gedemonstreerde kennis van MS Office Suite (insluitend MS Project). Geldige bestuurslisense (PDP voordelig). Uitstekende kommunikasievermoë in Afrikaans (hoofsaaklik) en Engels. Vertel my van die voordele? Mededingende vergoeding. Medies. Voertuig om vanaf huis en/of kantoor na werkspersele te pendel. Sterk loopbaanvooruitsigte. Uitmuntende span om mee saam te werk. Stuur jou CV so gou moontlik en nie later as 31 Oktober 2020 na recruitment@protektumhr.co.za.
See product
Paarl (Western Cape)
n Landbou maatskappy met hul kantore in Paarl, beskik oor ‘n vakature vir ‘n multimedia-ontwerper. Die geskikte kandidaat beskik oor ‘n tersiëre kwalifikasie in visuele kommunikasie / grafiese ontwerp en sal verantwoordelik wees vir die skep van inhoud op sosiale mediaplatforms en die ontwerp en afronding van onder meer dokumente, pamflette, advertensies, videos, elektroniese aanbiedings en ander materiaal om die kern van die landbousektor te weerspieël. Die kandidaat moet ten volle tweetalig wees, Afrikaans en Engels en moet gevorderde kennis van die sosiale mediaplatforms Facebook, Twitter en Instagram hê. Die geskikte kandidaat is vaardig in ‘n aantal ontwerpsagteware en ervaring in fotografie sal voordelig wees. Werksure: Maandag tot Vrydag: 08:00 tot 16:30 Vergoeding: R12 000/maand onderhandelbaar. Stuur volledige CV na johan@jcconsult.co.za Sluitings datum: 24 Februarie 2020
See product
Klerksdorp (North West)
? Braaikuikenboerdery tussen Klerksdorp en Wolmaransstad is opsoek na die dienste van 'n hardwerkende en toegewyde plaasbestuurder.Hierdie is ? uitstekende posisie vir ? dinamiese persoon. Die ideale kandidaat moet oor toepaslike ervaring beskik, moet proaktief kan optree, en moet leierskap-, beplanning- en kommunikasievaardighede toon.Verantwoordelikhede sluit in:· Algehele bestuur van omgewingsbeheerde hoenderhokke;· Personeelbestuur; en· Rapportering en verslagdoening.Vereistes:· Minimum 3 jaar ervaring in ? boerdery-omgewing;· Goeie elektriese en meganiese vaardighede; en· Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees.? Kompeterende vergoedingspakket asook behuising word vir die suksesvolle kandidaat aangebied. Om aansoek te doen, stuur u CV saam met salarisverwagting na doornfonteinbraaikuikentrust@gmail.com. Die reg om nie hierdie posisie te vul word voorbehou.
See product
Paarl (Western Cape)
Ons kliënt SFF, 'n filiaal van Stems Fruit, is betrokke by die verbouing en uitvoer van verskillende steenvrug kommoditeite.Hulle bied tans 'n loopbaangeleentheid as EVALUASIE BESTUURDER: STEENVRUGTE. Die posbekleër sal optree as skakel tussen produsente en die kommersiële span en verantwoordelik wees vir - identifisering, verbouing, bestuur en evaluasie van nuwe steenvrug kultivars in proefpersele - invordering, vaslegging en rapportering van data - begrotings bestuur - hantering van teler/ produsente kontrakte.Die ideale kandidaat beskik oor: - Minimum 4 jaar toepaslike ervaring - rekenaarvaardigheid in MS suite - Uitstekende kommunikasie- en bestuursvermoë - goeie tydsbestuur en organisatoriese vaardighede. 'n Tersiêre kwalifikasie in Hortologie/Pomologie sal jou aansoek versterk.Indien jy belangstel in die geleentheid, e-pos asb ‘n volledige CV aan nadine@casupport.co.za of rig enige navrae aan Nadine by 021 913 0828 Indien jy aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons jou binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak. Job Reference #: CPT000774/Admin
See product
Paarl (Western Cape)
Ons kliënt SFF, 'n filiaal van Stems Fruit, is betrokke by die verbouing en uitvoer van verskillende steenvrug kommoditeite. Hulle bied tans 'n loopbaangeleentheid as EVALUASIE BESTUURDER: STEENVRUGTE. Responsibility: Die posbekleër sal optree as skakel tussen produsente en die kommersiële span en verantwoordelik wees vir - identifisering, verbouing, bestuur en evaluasie van nuwe steenvrug kultivars in proefpersele - invordering, vaslegging en rapportering van data - begrotings bestuur - hantering van teler/ produsente kontrakte. Die ideale kandidaat beskik oor: - Minimum 4 jaar toepaslike ervaring - rekenaarvaardigheid in MS suite - Uitstekende kommunikasie- en bestuursvermoë - goeie tydsbestuur en organisatoriese vaardighede. 'n Tersiêre kwalifikasie in Hortologie/Pomologie sal jou aansoek versterk. Indien jy belangstel in die geleentheid, e-pos asb ‘n volledige CV aan nadine@casupport.co.za of rig enige navrae aan Nadine by 021 913 0828 Indien jy aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons jou binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak. Job Reference #: CPT000774 Consultant Name: Ilana AuretPieters
See product
Lichtenburg (North West)
ʼn Nuwe braaikuikenboerdery, in die proses om in die Lichtenburg-omgewing gevestig te word, is opsoek na die dienste van 'n hardwerkende en toegewyde plaasbestuurder. Hierdie is ʼn uitstekende posisie vir ʼn dinamiese persoon. Die ideale kandidaat moet beskik oor toepaslike ervaring, moet proaktief kan optree, en moet leierskap-, beplanning- en kommunikasievaardighede toon. Verantwoordelikhede sluit in: · Algehele bestuur van 10 omgewingsbeheerde hoenderhokke bestaande uit ongeveer 60 000 kuikens elk; · Personeelbestuur; · Rapportering en verslagdoening. Vereistes: · Minimum 5 jaar ervaring in ʼn boerdery-omgewing; · Goeie organisatoriese- en beplanningsvaardighede; · Goeie administratiewe en rekenaarvaardighede; · Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees. ʼn Kompeterende vergoedingspakket asook behuising word vir die suksesvolle kandidaat aangebied. Om aansoek te doen, stuur u CV saam met salarisverwagting na nezar.christian@gmail.com. Die reg om nie hierdie posisie te vul word voorbehou.
See product
Worcester (Western Cape)
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir: - debiteure en krediteure - skakeling met pasiënte en mediese hulpfondse - indiening van eise by mediese hulpfondse - invoer van transaksies op rekenkundige programme. Die ideale kandidaat is n toegewyde spanspeler met n sterk fokus op die handhawing van hoë praktykstandaarde en beskik oor: - n toepaslike tersiêre kwalifikasie - ondervinding in n soortgelyke betrekking - grondige rekenaarvaardighede - goeie interpersoonlike vaardighede.
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2025 www.clasf.co.za.