-
loading
Ads with pictures

Plek vir


Top sales list plek vir

Potchefstroom (North West)
5.1 ha Kleinhoewe met slaapplek vir 100 mense wat as 'n kampterrein verhuur kan word. Daar is ook 'n groot saal met sy eie kombuis waar etes bedien kan word of kerk gehou kan word. Met nog 'n eetsaal en kombuis is dit ideaal vir 'n groot hoeveelheid mense wat wil spanbou of konferensies aanbied. Jy kan selfs hierdie plek omskep in 'n pragtige trou venue waar die gaste kan oornag wat van ver af kom. Twee huise is ook deel van die kleinhoewe vir die personeel of eienaar om in te woon. - 48 slaapkamers (2 per kamer) - ablusiegeriewe - 2 aparte badkamers - braai-area - stoor - boorgat wat toegerus is (2500 liter per uur) - windpomp met 'n dam - Eskom 3-fase - die geboue en terrein kort net 'n behoorlike opknapping Kontak my gerus vir 'n afspraak. Property Reference #: 2107083 Agent Details: Koos Dupper Noordbrug Properties 4 Stuart Street Potchefstroom
R 2.100.000
See product
Parys (Free State)
2.2ha Rivierhuis langs die Vaalrivier met akkommodasie vir 8 gaste met die mooiste natuurskoon en voëllewe. Die ideale plek vir iemand wat wil aftree of wil verhuur vir ekstra inkomste terwyl jy daar bly en werk in die nabye dorpe of stad. As jy lief is vir visvang dan is hierdie die regte plek terwyl die kinders in die swembad kan baljaar. Met die mooiste sonsondergange is daar nog wild wat vrylik rondbeweeg wat jou laat voel of jy in die wildtuin woon. Jy is omring met die mooiste tuine rondom jou en dit is veilig en privaat. Ligging: - Parys - 11 km - Vredefort - 12 km - Potchefstroom - 55 km - Vereeniging - 75 km - Johannesburg - 115 km Hoofwoning: - 2 leefareas - groot buitestoep - 3 slaapkamers - 2 badkamers (elkeen met 'n bad en stort) - kombuis met ingeboude stoof - spens - waskamer - 2 motorhuise met 'n groot afdak vir 4 motors - boma met ingeboude braai - swembad op die walle by die rivier - elektriese hek by hoofingang - alarmstelsel - gevestige tuin met 20 sprinklers - boorgat wat toegerus is - akkommodasie vir 8 mense wat wil oornag en die rustigheid geniet (eksta inkomste) Eskom 3-fase krag. Moenie hierdie eiendom misloop nie. Slegs ernstige kopers asb. # Parking: 2 Property Reference #: 2401964 Agent Details: Koos Dupper Noordbrug Properties 4 Stuart Street Potchefstroom
R 4.150.000
See product
Klerksdorp (North West)
Hierdie geleentheid kom nie elke dag nie. 'n Woning met soveel vertrekke en spasie en is ideaal is vir die regte koper om sy drome te kom uitleef. Met 'n 8000m² erf, 'n mooi gevestigde tuin en groot patio wat uitkyk op 'n lieflike swembad wat vir funksies of familie kuiers gebruik kan word. Hierdie hoofwoning bied ook die volgende: - 3 leefareas met 2 kaggels - studeerkamer - kroeg / onthaal-area (144m²) - 4 slaapkamers - 3 badkamers - pragtige kombuis met 'n opwas - spens - waskamer - 10 motorhuise (1 het 'n diensput vir voertuie) - 1 groot afdak - 4 pakkamers - groot boma area vir heerlike kuiertye om die vuur - swembad - tennisbaan - buite-geriewe (kamer, toilet en wasbak) - toegeruste boorgat vir tuinbesproeiing - elektriese motorhek - alarmstelsel Woonstel: - 1 slaapkamer - badkamer - oopplan-kombuis met leefarea - werkskamer - motorhuis - pragtige stoep Hierdie is die ideale plek vir iemand wat spasie nodig het. Kontak my gerus vir 'n afspraak. # Parking: 11 Property Reference #: 2007069 Agent Details: Koos Dupper Noordbrug Properties 4 Stuart Street Potchefstroom
R 4.725.000
See product
Reitz (Free State)
This sandstone house consists of three bedrooms, one bathroom, a spacious living and dining room with a fireplace, wooden ceilings and wooden floors. The porch wrap itself around three sides of the house and is enclosed at the end for an office space or hobby room. The garden is especially pretty and laid out with passion with three tanks that collect rainwater. The entire yard is safely secured with both palisades and a wall. Another sandstone building is for the garage and enough space for a workshop or loads of storage. There is an entire bathroom with a shower adjacent to the outer building. Come and see this character filled house, with a lot of potential to live out your own imagination, for yourself. SANDSTEEN HUIS MET OUDSTYDSE SJARME Hierdie sandsteen huis het drie slaapkamers, een badkamer, groot sit en eetkamer met ‘n kaggel. Houtplafonne en houtvloere. Die stoep strek oor drie kante van die huis waarvan daar ‘n gedeelte toegebou is vir ‘n kantoor of stokperdjie kamer. Die tuin is besonders mooi en passievol uitgelê met drie watertenks wat reënwater opvang. Die hele erf is veilig omhein met pallisade en geboude mure. Nog ‘n sandsteen gebou vir die motorhuis met genoeg plek vir ‘n werkskamer of baie stoorplek. Daar is ‘n hele badkamer met ‘n stort wat grens aan die buite gebou. Kom sien hierdie karaktervolle huis, met nog baie potensiaal om jou eie stempel af te druk, vir jouself. Property Reference #: LFBM-1148 Agent Details: Elna Bosman Leapfrog Property Group 3 Theron Street, Bethlehem, Free State
R 850.000
See product
Potchefstroom (North West)
4.1 ha Vaalrivier-hoewe met baie ontwikkelingspotensiaal. Hierdie hoewe bied die koper soveel moontlikhede. Wil jy op klein skaal boer, dan is hierdie net die regte plek vir jou. Pekaneutbome is baie gewild om te plant in hierdie area. Daar is verskeie opsies om te oorweeg. Daar is ook kamers wat omskep kan word vir vissermanne wat naweke wil kom visvang. Hierdie hoewe bied ook die volgende: - ruim 2 slaapkamer woning - volledige badkamer met aparte toilet - kombuis - leefarea met kaggel - 6 kamers (onvoltooid) - ablisieblok (onvoltooid) - groot oop stoor - boorgat (nie toegerus nie) - 110 meter rivieroewer - Eskom 3-fase krag Kontak my gerus vir 'n afspraak. Property Reference #: 2005042 Agent Details: Koos Dupper Noordbrug Properties 4 Stuart Street Potchefstroom
R 1.895.000
See product
Parys (Free State)
Lieflike 4 Slaapkamer huis in goeie buurt Die huis het 'n baie groot erf en meer as genoeg plek vir ontwikkeling of aanbou, hy is in een van Parys se beste areas gelee Die huis bestaan uit 'n klein stoep voor, sitkamer met blokkiesvloer, eetkamer met blokkiesvloer of kantoor, kombuis met teels, opwas met Teels, 4 slaapkamers met almal matte, 2 Badkamers met Teels Daar is 'n eenslaapkamer woonstel langs die huis met ook 'n sitkamer, kombuis en badkamer Buite is twee buitekamers, 'n buite toilet en 'n afdak vir plus minus 3 motors Die huis het 'n alarmstelsel vir veiligheid en 'n veiligheidshek Property Reference #: 3935290 Agent Details: Forster Attorneys - Christel van den Berg 3 Percent Com Properties (PTY) Ltd 2904 Ibis Close Pary's Golf Estate
R 1.300.000
See product
Potchefstroom (North West)
As jy lief is om met mense te werk, dan is hierdie die ideale plek vir jou. Kom en leef jou drome en ander mense se drome hier uit. Die gastehuis en sy omgewing is pragtig geleë en skep die mooiste prentjie met 200 meter rivierfront en baie opsies om verder te ontwikkel. Slegs 9.5 km vanaf Parys. Die Hoofhuis bestaan uit: • 3 slaapkamers • 2 badkamers • sitkamer • eetkamer • waskamer Gastehuis bestaan uit: • 10 slaapkamers • 10 badkamers met stort en toilet • eetsaal • ontvangs area tweede huis bestaan uit: • 3 slaapkamers • 2 badkamers • sitkamer • eetkamer Woonstel 1: • 2 slaapkamer • 1 badkamer • sitkamer Woonstel 2: • 1 slaapkamer • 1 badkamer addisonele inligting: • 4 Boorgate 2 met dompel pomp • 4 water tenks • 1 groot plaas dam Kontak my gerus om nie die geleentheid te mis nie. # Parking: 2 Property Reference #: 2003163 Agent Details: Riana van Garderen Noordbrug Properties 4 Stuart Street Potchefstroom
R 12.000.000
See product
Potchefstroom (North West)
Pragtige 2.1 Ha hoewe by Lindequesdrift.Hierdie eiendom is geskik vir 'n rustige naweek wegbreek plek of permanente bly,as gevolg van die ligging 'n klipgooi van Parys en Vanderbijlpark Die eiendom is pas toegespan met nuwe draad. Die eiendom bied die volgende: • Modern 2 Slaapkamer woonhuis met oopplan leefarea. • Dubbel motorhuismet deure wat oop swaai. • Sonpanele. • Watertenk. • 2 × Boorgate waarvan een met sonkrag toegerus is. • Huis is netjies omhein vir ekstra veiligheid. Hierdie eiendom is enig in sy soort. Kom kyk gerus. # Parking: 2 Property Reference #: 2003082 Agent Details: Riana van Garderen Noordbrug Properties 4 Stuart Street Potchefstroom
R 675.000
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.