-
loading
Ads with pictures

Persoon om


Top sales list persoon om

Kroonstad (Free State)
Ons het ‘n vakature vir ‘n vriendelike en betroubare persoon om in ons spesialiteitswinkel in Kroonstad te werk. Ons bied formele indiensneming en ‘n aangename werksomgewing. Ons ontvang graag jou CV met ‘n fototjie indien moontlik.
See product
Bloemfontein (Free State)
Rekenmeesters firma in Bloemfontein is opsoek na dinamiese en toegeweyde persoon om alle rekeningkundige aspekte van verskeie kliente te hanteer. Moet rekeningkundig sterk wees met ten minste 2 jaar ondervinding. E-pos cv na francine@nrfrekenmeesters.co.za
See product
Lichtenburg (North West)
ʼn Nuwe braaikuikenboerdery, in die proses om in die Lichtenburg-omgewing gevestig te word, is opsoek na die dienste van 'n hardwerkende en toegewyde plaasbestuurder. Hierdie is ʼn uitstekende posisie vir ʼn dinamiese persoon. Die ideale kandidaat moet beskik oor toepaslike ervaring, moet proaktief kan optree, en moet leierskap-, beplanning- en kommunikasievaardighede toon. Verantwoordelikhede sluit in: · Algehele bestuur van 10 omgewingsbeheerde hoenderhokke bestaande uit ongeveer 60 000 kuikens elk; · Personeelbestuur; · Rapportering en verslagdoening. Vereistes: · Minimum 5 jaar ervaring in ʼn boerdery-omgewing; · Goeie organisatoriese- en beplanningsvaardighede; · Goeie administratiewe en rekenaarvaardighede; · Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees. ʼn Kompeterende vergoedingspakket asook behuising word vir die suksesvolle kandidaat aangebied. Om aansoek te doen, stuur u CV saam met salarisverwagting na nezar.christian@gmail.com. Die reg om nie hierdie posisie te vul word voorbehou.
See product
Jansenville (Eastern Cape)
Ek is opsoek na n persoon wat kan toesig hou oor die grond asook Kyk dat die waters reg is en die vee se getalle reg bly. En algemene netheid van die plaas werf en huis. Daar is verblyf beskikbaar. Soek verkieslik ouer. mense. Met sober gewoontes. Persoon moet n Drywers lisensie he en beruid wees om te leer. kontak my op 0606318991 Heinz.
See product
Paarl (Western Cape)
‘n Produsente-uitvoeronderneming (Tafeldruiwe en Sitrus) in die Paarl verlang die dienste van ‘n energieke persoon wat ondersteuning aan senior bestuur kan verleen ten opsigte van ‘n verskeidenheid van funksies. Die ideale kandidaat moet voldoen aan die volgende vereistes: • ‘n Baccalaureus-graad in Rekeningkunde/Finansiële Bestuur/Besigheids-administrasie; • Effektiewe kommunikasievaardighede in beide Afrikaans & Engels; • Sterk analitiese vermoëns; • Hoë-vlak rekenaarvaardigheid met grondige kennis van MS Office (veral Excel) & Pastel/Xero; • Vermoë om onafhanklik en onder druk te funksioneer; • Doeltreffend vanaf huis/eie kantoor/”remote” kan funksioneer. Verantwoordelikhede sal/kan insluit, maar is nie beperk, tot: • Rekeningkundige rekord-houding in Pastel/Xero • Debiteure, krediteure, produsentebetalings, rekonsiliasies ens • Bestuur en monitering van verskeie bankrekeninge; • Statutêre opgawes • Verskeie logistieke & administratiewe funksies met betrekking tot uitvoer van vrugte. Vorige ondervinding in ‘n vrugte-uitvoeromgewing sal ‘n aanbeveling wees. Vergoeding sal bepaal word in ooreenstemming met die vlakke van kennis en ondervinding van die suksesvolle kandidaat. Sluitingsdatum: 10 September 2021 Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik, maar nie later as 1 November 2021 Indien aansoekers teen 17 September 2021 geen terugvoer ontvang het nie, kan aanvaar word dat aansoek nie suksesvol was nie. Die adverteerder behou hom verder die reg voor om die advertensie te onttrek voor die sluitingsdatum. Stuur CV aan chris64@wol.co.za
See product
Klerksdorp (North West)
? Braaikuikenboerdery tussen Klerksdorp en Wolmaransstad is opsoek na die dienste van 'n hardwerkende en toegewyde plaasbestuurder.Hierdie is ? uitstekende posisie vir ? dinamiese persoon. Die ideale kandidaat moet oor toepaslike ervaring beskik, moet proaktief kan optree, en moet leierskap-, beplanning- en kommunikasievaardighede toon.Verantwoordelikhede sluit in:· Algehele bestuur van omgewingsbeheerde hoenderhokke;· Personeelbestuur; en· Rapportering en verslagdoening.Vereistes:· Minimum 3 jaar ervaring in ? boerdery-omgewing;· Goeie elektriese en meganiese vaardighede; en· Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees.? Kompeterende vergoedingspakket asook behuising word vir die suksesvolle kandidaat aangebied. Om aansoek te doen, stuur u CV saam met salarisverwagting na doornfonteinbraaikuikentrust@gmail.com. Die reg om nie hierdie posisie te vul word voorbehou.
See product
Stellenbosch (Western Cape)
BEMARKER EN TEGNIESE ADVISEUR – Hortologie Stellenbosch Hierdie gevestigde onderneming wat spesialiseer in die kweek, verspreiding en ontwikkeling van hoë kwaliteit vrugtebome en plantmateriaal beskik tans oor die bogenoemde posisie Pligte behels die volgende: - Bemarking van nuwe en bestaande wingerd- en steenvrugkultivars - Lewering van tegniese ondersteuningsdienste aan kliënte in die Wes-Kaap Hierdie is ‘n loopbaangeleentheid vir ‘n energieke, selfgedrewe persoon met ‘n doelwitgemotiveerde ingesteldheid. Verdere vereistes vir hierdie pos is as volg: - B.Sc. of ander toepaslike landbougraad of -diploma OF ‘n kwalifikasie in bemarking met ervaring in hortologie - Ondervinding en landboutegniese kennis van produksiepraktyke in bogenoemde gewasse - Uitstekende kommunikasie en interpersoonlike vaardighede - ‘n Passie vir mense en bemarking - Bereidwilligheid om gereeld te reis in die Wes-Kaap - Rekenaarvaardigheid in MS Office - Goeie vaardigheid in Afrikaans en Engels - Geldige bestuurslisensie ‘n Mededingende vergoedingspakket is onderhandelbaar volgens kwalifikasie en ervaring. Meld asb u salarisverwagting op die aansoek, asook kontakbare verwysings. Rig ‘n volledige CV (in Word asb) met kontakbare verwysings by die aansoek aan louise@wcp.co.za. Indien u geen terugvoer binne drie weke ná die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Responsibility:... Salary: Rmarket related Job Reference #: LRAD0217 Consultant Name: Louise Rossouw
See product
Bloemfontein (Free State)
Ons is tans op soek na 'n dinamiese hardwerkende junior rekenmeester of 'n student wat hul SAIPA-artikels wil voltooi. 'n Persoon wat 'n goeie begrip van die beginsels en praktyke van rekeningkundige en finansiële verslagdoening het. Noukeurig aandag aan detail met uitstekende organisatoriese vaardighede. Vermoë om onder druk te werk en streng sperdatums te hou.
See product
Robertson (Western Cape)
'n Gemengde boerdery in Robertson omgewing is opsoek na die dienste van 'n Produksiebestuurder wat die wyndruiwe afdeling van die boerdery kan bestuur, asook hulp kan verleen met die oes van ander afdelings se vrugte (steenvrugte en sitrus). Vereistes: Die posbekleër sal rapporteer aan die Produksiehoof en verantwoordelik wees vir die produksie van wyndruiwe. Sleutelpligte: -Die bestuur van die menslike hulpbronne komponent -Plaag- en onkruidbeheer -Besproeiing -Snoei tot oes -Ontwikkeling van nuwe aanplantings -Rekordhouding en algemene administrasie -Deeglike kennis en ervaring van wyndruif verbouing (minimum 10 Jaar) -Ondervinding van parsmasjiene -Ondervinding en kennis van besproeiing, plaagbeheer, onkruidbeheer asook voeding -Goeie meganiese vaardighede en prakties aangelê wees -Bestuur van 'n span werknemers en werwing van spanne -Rekordhouding kan handhaaf bv Deurgee van lone -Basiese rekenaarkennis -Goeie menseverhoudings handhaaf, eie inisiatief kan neem en gemotiveerd wees -Kode 10 (EC1) lisensie met geldige PDP -Woonagtig in die Weskaap Die ideale kandidaat is 'n energieke en praktiese persoon, met baie goeie menseverhoudinge, wat oor die toepaslike ondervinding van wingerdverbouing beskik. Moet getroud wees en eggenoot moet 'n pos beklee en uitdagings van beroep verstaan, bereid wees om verlengde ure te werk en naweekdiens te verrig.Moet asb nie aansoek doen indien kwalifikasies of motivering ontbreek nie. Indien u belangstel in die geleentheid, e-pos asb 'n volledige CV aan zeemanboerdery@gmail.com Aansoeke sluite: 31 Maart 2021 Die Suksesvolle kandidaat begin 3 Mei 2021 Meld salaris en voordele verlang. Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons u binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.
See product
Kirkwood (Eastern Cape)
Kode 14 drywer gesoek vir sitrusplaas. Dis 'n seisoenale pos wat tot September 2021 sal duur. Die persoon moet sober gewoontes hê en bereid wees om saans en tydens naweke te werk. Epos CV's na atmar@srvalley.co.za
See product
Stellenbosch (Western Cape)
Vervaardigingsfirma in Stellenbosch het pos beskikbaar vir Sweiser. Persoon moet ondervinding hê om met ‘n Mic sweismasjien te sweis, eie vervoer, sober gewoontes en goeie gesondheid. Stuur aansoeke na joubert1989@adept.co.za
See product
Robertson (Western Cape)
'n Gemengde boerdery in Robertson omgewing is opsoek na die dienste van 'n Produksiebestuurder wat die wyndruiwe afdeling van die boerdery kan bestuur, asook hulp kan verleen met die oes van ander afdelings se vrugte (steenvrugte en sitrus). Vereistes: Die posbekleër sal rapporteer aan die Produksiehoof en verantwoordelik wees vir die produksie van wyndruiwe. Sleutelpligte: -Die bestuur van die menslike hulpbronne komponent -Plaag- en onkruidbeheer -Besproeiing -Snoei tot oes -Ontwikkeling van nuwe aanplantings -Rekordhouding en algemene administrasie -Deeglike kennis en ervaring van wyndruif verbouing (minimum 5 Jaar) -Ondervinding van parsmasjiene -Ondervinding en kennis van besproeiing, plaagbeheer, onkruidbeheer asook voeding -Goeie meganiese vaardighede en prakties aangelê wees -Bestuur van 'n span werknemers en werwing van spanne -Rekordhouding kan handhaaf bv Deurgee van lone -Basiese rekenaarkennis -Goeie menseverhoudings handhaaf, eie inisiatief kan neem en gemotiveerd wees -Kode 10 (EC1) lisensie met geldige PDP -Woonagtig in die Weskaap Die ideale kandidaat is 'n energieke en praktiese persoon, met baie goeie menseverhoudinge, wat oor die toepaslike ondervinding van wingerdverbouing beskik. Moet getroud wees en eggenoot moet 'n pos kan beklee en uitdagings van beroep verstaan, bereid wees om verlengde ure te werk en naweekdiens te verrig.Moet asb nie aansoek doen indien kwalifikasies of motivering ontbreek nie. Indien u belangstel in die geleentheid, e-pos asb 'n volledige CV aan zeemanboerdery@gmail.com Aansoeke sluite: Die Suksesvolle kandidaat begin Meld salaris en voordele verlang. Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons u binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2025 www.clasf.co.za.