Persoon
Top sales list persoon
Jansenville (Eastern Cape)
Ek is opsoek na n persoon wat kan toesig hou oor die grond asook Kyk dat die waters reg is en die vee se getalle reg bly. En algemene netheid van die plaas werf en huis. Daar is verblyf beskikbaar. Soek verkieslik ouer. mense. Met sober gewoontes. Persoon moet n Drywers lisensie he en beruid wees om te leer. kontak my op 0606318991 Heinz.
See product
Paarl (Western Cape)
Ons reeds bestaande tutoring sentrum in die Paarl is opsoek na 'n passievolle persoon wie ekstra Wiskunde klasse kan aanbied by ons. Betaling is per uur, en werkstye is baie flexable. Kontak my vir meer inligting.
See product
Kimberley (Northern Cape)
Vakante pos beskikbaar vir "n finansiële klerk. Persoon moet eerlik en betroubaar wees, met deeglike finansiële ondervinding. Pastel ondervinding is 'n noodsaaklikheid. Stuur CV na ontvangs@kimcity.co.za voor of op 24 Januarie 2020.
See product
Kroonstad (Free State)
Ons het ‘n vakature vir ‘n vriendelike en betroubare persoon om in ons spesialiteitswinkel in Kroonstad te werk. Ons bied formele indiensneming en ‘n aangename werksomgewing. Ons ontvang graag jou CV met ‘n fototjie indien moontlik.
See product
Pietersburg (Limpopo)
IT Desktop Tegnikus Ons het n posisie beskikbaar vir n IT Desktop Tegnikus. Die persoon moet volledig tweetalig wees met goeie kommunikasie vermoe. Minimum 3 jaar praktiese ondervinding en eie vervoer. Die pos is in Polokwane. Werksure is Maandae tot Vrydae 7:45 tot 17:00. Pakket sal basiese salaris, komissie, telefoon toelaag en petrol kaart insluit. Die onderhoud sal ‘n praktiese toets insluit. Moet asb nie aansoek doen as jy nie aan die minimum vereistes voldoen nie. Stuur asb jou CV na werk@itexperts.co.za
See product
Stellenbosch (Western Cape)
BEMARKER EN TEGNIESE ADVISEUR – Hortologie Stellenbosch Hierdie gevestigde onderneming wat spesialiseer in die kweek, verspreiding en ontwikkeling van hoë kwaliteit vrugtebome en plantmateriaal beskik tans oor die bogenoemde posisie Pligte behels die volgende: - Bemarking van nuwe en bestaande wingerd- en steenvrugkultivars - Lewering van tegniese ondersteuningsdienste aan kliënte in die Wes-Kaap Hierdie is ‘n loopbaangeleentheid vir ‘n energieke, selfgedrewe persoon met ‘n doelwitgemotiveerde ingesteldheid. Verdere vereistes vir hierdie pos is as volg: - B.Sc. of ander toepaslike landbougraad of -diploma OF ‘n kwalifikasie in bemarking met ervaring in hortologie - Ondervinding en landboutegniese kennis van produksiepraktyke in bogenoemde gewasse - Uitstekende kommunikasie en interpersoonlike vaardighede - ‘n Passie vir mense en bemarking - Bereidwilligheid om gereeld te reis in die Wes-Kaap - Rekenaarvaardigheid in MS Office - Goeie vaardigheid in Afrikaans en Engels - Geldige bestuurslisensie ‘n Mededingende vergoedingspakket is onderhandelbaar volgens kwalifikasie en ervaring. Meld asb u salarisverwagting op die aansoek, asook kontakbare verwysings. Rig ‘n volledige CV (in Word asb) met kontakbare verwysings by die aansoek aan louise@wcp.co.za. Indien u geen terugvoer binne drie weke ná die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Responsibility:... Salary: Rmarket related Job Reference #: LRAD0217 Consultant Name: Louise Rossouw
See product
Paarl (Western Cape)
Ouens ons is opsoek na Junior Produksie bestuurder. Matriek met tersiëre diploma maar nie verligtend (diploma). Sober gewoontes nie ‘n roker. Ouderdom 24-30 solid ou. Eie vervoer. Moet blootstelling aan produksie omgewing hê verkieslik FMCG. Leiers eienskappe. Toesighouding. Mense bestuur. Queries sort. Selfde vlak in besigheid as Senior QC. Huidiglik 2 ouens sit net derde persoon by. Funny skofte. 4:00- 15 en 15:00 - 24:00 Onafhanklik kan funksioneer, initiatief aan die dag lê. Harder werker. Slot onder produksie bestuurder in. Produksie Bestuurder is streng maar regverdig. Salaris min of meer Total Cost R15 000 MOET ONMIDDELIK beskikbar wees. Woonagtig Wellington of Paarl.
See product
De Aar (Northern Cape)
Posisie beskikbaar vir n Radio tegnikus met ondervinding en kennis van Digitale radios Die volgende sal in ag geneem word: n stabile sober netjiese georganiseerde eerlike hardwerkende persoon wat onder druk kan werk en ondervinding en kennis van radios en repeaters het en belangstel kan CV stuur na admin@albieswireless.co.za Salaris onderhandelbaar
See product
Bloemfontein (Free State)
Ons is tans op soek na 'n dinamiese hardwerkende junior rekenmeester of 'n student wat hul SAIPA-artikels wil voltooi. 'n Persoon wat 'n goeie begrip van die beginsels en praktyke van rekeningkundige en finansiële verslagdoening het. Noukeurig aandag aan detail met uitstekende organisatoriese vaardighede. Vermoë om onder druk te werk en streng sperdatums te hou.
See product
Ceres (Western Cape)
Boplaas 1743 Landgoed verlang die dienste van ’n persoon vir onderstaande vakature by hul Ceres (Dankbaar) plaas: Vragmotor Drywer Hierdie is ’n permanenete aanstelling en sal die posbekleer aan die Junior Produskie bestuurder rapporteer. Minimum kwalifiserende vereistes: · Graad 12 · Moet in besit wees van ‘n geldinge kode 14 bestuurs lisensie asook PDP · 5 jaar werkservaring in ’n soorteglyke posisie · Sober gewoontes · Goeie menseverhoudings en kommunikasie vaardighede · Suksesvolle kandidaat sal goeie tydsbestuur moet kan toepas en onder druk kan werk Ons bied ’n mededingende vergoedingspakket aan. Sluitingsdatum van aansoeke: 30 Oktober 2020 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Rig volledige CV aan: Die Menslike Hulpbron Bestuurder E-pos: hr@boplaas1743.co.za Navrae: (023)3170040 Indien u teen 6 November 2020 geen terugvoer ontvang het nie, aanvaar asb. dat u aansoek nie suksesvol was nie.
See product
Zeerust (North West)
Opsoek na ñ administrasie persoon. Half dag. Internskap met die moontlikheid van ñ permanente pos. Verantwoordelikhede - lone, sim-fini, data invoer ens. Die kantoor is op ñ plaas in Skuinsdrif, Groot-Marico distrik. Stuur CV aan afdraende@gmail.com
See product
Robertson (Western Cape)
'n Gemengde boerdery in Robertson omgewing is opsoek na die dienste van 'n Produksiebestuurder wat die wyndruiwe afdeling van die boerdery kan bestuur, asook hulp kan verleen met die oes van ander afdelings se vrugte (steenvrugte en sitrus). Vereistes: Die posbekleër sal rapporteer aan die Produksiehoof en verantwoordelik wees vir die produksie van wyndruiwe. Sleutelpligte: -Die bestuur van die menslike hulpbronne komponent -Plaag- en onkruidbeheer -Besproeiing -Snoei tot oes -Ontwikkeling van nuwe aanplantings -Rekordhouding en algemene administrasie -Deeglike kennis en ervaring van wyndruif verbouing (minimum 10 Jaar) -Ondervinding van parsmasjiene -Ondervinding en kennis van besproeiing, plaagbeheer, onkruidbeheer asook voeding -Goeie meganiese vaardighede en prakties aangelê wees -Bestuur van 'n span werknemers en werwing van spanne -Rekordhouding kan handhaaf bv Deurgee van lone -Basiese rekenaarkennis -Goeie menseverhoudings handhaaf, eie inisiatief kan neem en gemotiveerd wees -Kode 10 (EC1) lisensie met geldige PDP -Woonagtig in die Weskaap Die ideale kandidaat is 'n energieke en praktiese persoon, met baie goeie menseverhoudinge, wat oor die toepaslike ondervinding van wingerdverbouing beskik. Moet getroud wees en eggenoot moet 'n pos beklee en uitdagings van beroep verstaan, bereid wees om verlengde ure te werk en naweekdiens te verrig.Moet asb nie aansoek doen indien kwalifikasies of motivering ontbreek nie. Indien u belangstel in die geleentheid, e-pos asb 'n volledige CV aan zeemanboerdery@gmail.com Aansoeke sluite: 31 Maart 2021 Die Suksesvolle kandidaat begin 3 Mei 2021 Meld salaris en voordele verlang. Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons u binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.
See product
Kirkwood (Eastern Cape)
Kode 14 drywer gesoek vir sitrusplaas. Dis 'n seisoenale pos wat tot September 2021 sal duur. Die persoon moet sober gewoontes hê en bereid wees om saans en tydens naweke te werk. Epos CV's na atmar@srvalley.co.za
See product
Bloemfontein (Free State)
Op soek na kantoor persoon. Moet met kliente kan werk, oproepe en kwotasies hanteer. Bestuurslisensie is 'n vereiste. Moet skoon,netjies,hardwerkend,professioneel, op tyd en betroubaar wees. Salaris onderhandelbaar. Epos cv na admin@renoservice.co.za Tel 051 4302140
See product
Jeffreys Bay (Eastern Cape)
Internal positions still available❗ Internal sales position (Interne verkoops persoon) available for Health and Safety company situated in Jeffrey's Bay. COMMISSION ONLY. Very good commission structure. Sales experience will be an advantage. Training will be provided. To start immediately Send CV to jbay@manpowerlabourlawservices.co.za
See product
Paarl (Western Cape)
'n Gevestigde vervaardigingsmaatskappy, met sy aanleg geleë in die Paarl/Klapmuts area, beskik tans oor bogenoemde betrekking vir 'n betroubare persoon wat voldoen aan die volgende vereistes: - Rekeningkundige graad of diploma - Goeie excel kennis - Goeie finansiële kennis - Goeie kommunikasie vaardighede - 3 jaar of meer ondervinding in 'n soortgelyke pos. Die suksesvolle kandidaat sal aan die finansiële bestuurder rapporteer en nou saamwerk met die krediteure en debiteure afdeling. Rekeningkundige pligte behels o.a: - Teboekstelling van banktransaksies en joernale - Laai van betalings - Bestuur en opdatering van die krediteure stelsel - Byhou van verskaffer roumateriaal kontrak leêrs - Nagaan van krediteure rekonsiliasies en ouderdoms analises. - Nagaan van debiteure fakture - Maandelikse BTW rekonsiliasies, opstelling van BTW verslae - Opdatering en byhou van bateregister - Allokasie van uitgawes na hul regte rekeninge - Bestuur van kleinkas - Maandeinde rekonsiliasies - Bystaan en kontrole oor voorraadopnames - Waardasie van voorraad - BEE administrasie indien nodig - Enige ander ad hoc administrasie / finansiele take soos vereis word. Aflos van debiteure kontroleerder indien hy/sy op verlof is: - Opdatering van debiteure pryslyste - Skryf van debiteure joernale - Invoer van debiteure fakture en kredietnotas Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Stuur CV aan: nielvanrenen@gmail.com voor 9 Julie 2021. Salaris: Ongeveer (R20,000 - R25,000) per maand afhangende van kwalifikasies en ondervinding. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
See product
Jeffreys Bay (Eastern Cape)
Internal positions still available❗ Internal sales position (Interne verkoops persoon) available for Health and Safety company situated in Jeffrey's Bay. COMMISSION ONLY. Very good commission structure. Sales experience will be an advantage. Training will be provided. To start immediately Send CV to jbay@manpowerlabourlawservices.co.za 0420650516
See product
Bethlehem (Free State)
Rekenmeesters Pos beskikbaar in Bethlehem. Hoef nie n CA te wees nie, wel gekwalifiseerd as n rekenmeester. MOET Safex ondervinding he. Die persoon moet integriteit, leierseinskappe en n trotsheid op hul werk he. Verkieslik jonger as 35 jaar, maar onderhandelbaar. Salaris paket is ongeveer R550 000 per jaar. Wel onderhandelbaar. Asb stuur jou cv na magda@base2.co.za voor 30 Julie
See product
Jan Kempdorp (Northern Cape)
Werkgeleentheid in Jan Kempdorp vir n volwasse enkellopende Opsoek na 'n volwasse, enkellopende, betroubare & professionele persoon met sober gewoontes. MOET rekenaarvaardig wees (Excel, Word, ens) en goeie telefoonetiket hê. Pligte sluit in: -besprekings -bemarking -liassering -telefone beantwoord -e-posse beantwoord -sorg dat kamers/lodge skoon en netjies gehou word Kontak - 08twee 9twee6 463twee Epos - paul at paubennproperties.co.za
See product
Lichtenburg (North West)
ʼn Nuwe braaikuikenboerdery, in die proses om in die Lichtenburg-omgewing gevestig te word, is opsoek na die dienste van 'n hardwerkende en toegewyde plaasbestuurder. Hierdie is ʼn uitstekende posisie vir ʼn dinamiese persoon. Die ideale kandidaat moet beskik oor toepaslike ervaring, moet proaktief kan optree, en moet leierskap-, beplanning- en kommunikasievaardighede toon. Verantwoordelikhede sluit in: · Algehele bestuur van 10 omgewingsbeheerde hoenderhokke bestaande uit ongeveer 60 000 kuikens elk; · Personeelbestuur; · Rapportering en verslagdoening. Vereistes: · Minimum 5 jaar ervaring in ʼn boerdery-omgewing; · Goeie organisatoriese- en beplanningsvaardighede; · Goeie administratiewe en rekenaarvaardighede; · Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees. ʼn Kompeterende vergoedingspakket asook behuising word vir die suksesvolle kandidaat aangebied. Om aansoek te doen, stuur u CV saam met salarisverwagting na nezar.christian@gmail.com. Die reg om nie hierdie posisie te vul word voorbehou.
See product
Paarl (Western Cape)
‘n Produsente-uitvoeronderneming (Tafeldruiwe en Sitrus) in die Paarl verlang die dienste van ‘n energieke persoon wat ondersteuning aan senior bestuur kan verleen ten opsigte van ‘n verskeidenheid van funksies. Die ideale kandidaat moet voldoen aan die volgende vereistes: • ‘n Baccalaureus-graad in Rekeningkunde/Finansiële Bestuur/Besigheids-administrasie; • Effektiewe kommunikasievaardighede in beide Afrikaans & Engels; • Sterk analitiese vermoëns; • Hoë-vlak rekenaarvaardigheid met grondige kennis van MS Office (veral Excel) & Pastel/Xero; • Vermoë om onafhanklik en onder druk te funksioneer; • Doeltreffend vanaf huis/eie kantoor/”remote” kan funksioneer. Verantwoordelikhede sal/kan insluit, maar is nie beperk, tot: • Rekeningkundige rekord-houding in Pastel/Xero • Debiteure, krediteure, produsentebetalings, rekonsiliasies ens • Bestuur en monitering van verskeie bankrekeninge; • Statutêre opgawes • Verskeie logistieke & administratiewe funksies met betrekking tot uitvoer van vrugte. Vorige ondervinding in ‘n vrugte-uitvoeromgewing sal ‘n aanbeveling wees. Vergoeding sal bepaal word in ooreenstemming met die vlakke van kennis en ondervinding van die suksesvolle kandidaat. Sluitingsdatum: 10 September 2021 Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik, maar nie later as 1 November 2021 Indien aansoekers teen 17 September 2021 geen terugvoer ontvang het nie, kan aanvaar word dat aansoek nie suksesvol was nie. Die adverteerder behou hom verder die reg voor om die advertensie te onttrek voor die sluitingsdatum. Stuur CV aan chris64@wol.co.za
See product
Bloemfontein (Free State)
Rekenmeesters firma in Bloemfontein is opsoek na dinamiese en toegeweyde persoon om alle rekeningkundige aspekte van verskeie kliente te hanteer. Moet rekeningkundig sterk wees met ten minste 2 jaar ondervinding. E-pos cv na francine@nrfrekenmeesters.co.za
See product
Stellenbosch (Western Cape)
Vervaardigingsfirma in Stellenbosch het pos beskikbaar vir Sweiser. Persoon moet ondervinding hê om met ‘n Mic sweismasjien te sweis, eie vervoer, sober gewoontes en goeie gesondheid. Stuur aansoeke na joubert1989@adept.co.za
See product
Robertson (Western Cape)
'n Gemengde boerdery in Robertson omgewing is opsoek na die dienste van 'n Produksiebestuurder wat die wyndruiwe afdeling van die boerdery kan bestuur, asook hulp kan verleen met die oes van ander afdelings se vrugte (steenvrugte en sitrus). Vereistes: Die posbekleër sal rapporteer aan die Produksiehoof en verantwoordelik wees vir die produksie van wyndruiwe. Sleutelpligte: -Die bestuur van die menslike hulpbronne komponent -Plaag- en onkruidbeheer -Besproeiing -Snoei tot oes -Ontwikkeling van nuwe aanplantings -Rekordhouding en algemene administrasie -Deeglike kennis en ervaring van wyndruif verbouing (minimum 5 Jaar) -Ondervinding van parsmasjiene -Ondervinding en kennis van besproeiing, plaagbeheer, onkruidbeheer asook voeding -Goeie meganiese vaardighede en prakties aangelê wees -Bestuur van 'n span werknemers en werwing van spanne -Rekordhouding kan handhaaf bv Deurgee van lone -Basiese rekenaarkennis -Goeie menseverhoudings handhaaf, eie inisiatief kan neem en gemotiveerd wees -Kode 10 (EC1) lisensie met geldige PDP -Woonagtig in die Weskaap Die ideale kandidaat is 'n energieke en praktiese persoon, met baie goeie menseverhoudinge, wat oor die toepaslike ondervinding van wingerdverbouing beskik. Moet getroud wees en eggenoot moet 'n pos kan beklee en uitdagings van beroep verstaan, bereid wees om verlengde ure te werk en naweekdiens te verrig.Moet asb nie aansoek doen indien kwalifikasies of motivering ontbreek nie. Indien u belangstel in die geleentheid, e-pos asb 'n volledige CV aan zeemanboerdery@gmail.com Aansoeke sluite: Die Suksesvolle kandidaat begin Meld salaris en voordele verlang. Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons u binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.
See product
Robertson (Western Cape)
Voorman-Seisoenshulp 'n Gemengde boerdery in Robertson omgewing is opsoek na die dienste van 'n Voorman wat die Hoofbestuurder van die boerdery kan help met die oes en bestuur van arbeiders asook algemene werke. Vereistes: Die posbekleër sal rapporteer aan die Produksiehoof en sal opdragte vanaf hom ontvang. Sleutelpligte: -Die bestuur en toesig van werkers -Besproeiings onderhoud en toediening van kunsmis -Oesskattings en tellings -Rekordhouding kan handhaaf bv Deurgee van lone -Goeie menseverhoudings handhaaf, eie inisiatief kan neem en gemotiveerd wees -Kode 10 (EC1) lisensie met geldige PDP -Woonagtig in die BAR Vallei omgewing(Bonnievale,Ashton en Robertson) Die ideale kandidaat is 'n energieke,gesonde en praktiese persoon, met goeie werksdisipline..Moet asb nie aansoek doen indien u motivering ontbreek nie. Indien u belangstel in die geleentheid, e-pos asb u aansoek aan maruis.oosthuizen@gmail.com 0844326291 Die Suksesvolle kandidaat begin of vroeër. Kontrak stop met n moontlike permanente pos. Meld salaris en voordele verlang. Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons u binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak
See product
Port Elizabeth (Eastern Cape)
19 & 20 November 2021. 19h30. Fairview Sports Centre. Kaartjies @ R 180.00 per persoon. Besprekings: Hellen, tel. 0824873118 of aanlyn by www.westway.co.za Kaartjies ook beskikbaar by Despatch Deli, Boomstraat, Despatch en Caltex Daniels Service Station, Mosel, Uitenhage. Navrae: Anton, tel. 0837600609. Beperkte aantal sitplekke beskikbaar. Alle Covid-19 regulasies van toepassing
See product
Port Elizabeth (Eastern Cape)
26 November 2021. 19h30. Fairview Sports Centre Foyer. Kaartjies @ R 200.00 per persoon. Besprekings: Anton, tel. 0837600609 of Sanette, tel. 0828919051. Navrae: Anton, tel. 0837600609. Beperkte aantal sitplekke beskikbaar. Alle Covid-19 regulasies van toepassing.
See product
Klerksdorp (North West)
? Braaikuikenboerdery tussen Klerksdorp en Wolmaransstad is opsoek na die dienste van 'n hardwerkende en toegewyde plaasbestuurder.Hierdie is ? uitstekende posisie vir ? dinamiese persoon. Die ideale kandidaat moet oor toepaslike ervaring beskik, moet proaktief kan optree, en moet leierskap-, beplanning- en kommunikasievaardighede toon.Verantwoordelikhede sluit in:· Algehele bestuur van omgewingsbeheerde hoenderhokke;· Personeelbestuur; en· Rapportering en verslagdoening.Vereistes:· Minimum 3 jaar ervaring in ? boerdery-omgewing;· Goeie elektriese en meganiese vaardighede; en· Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees.? Kompeterende vergoedingspakket asook behuising word vir die suksesvolle kandidaat aangebied. Om aansoek te doen, stuur u CV saam met salarisverwagting na doornfonteinbraaikuikentrust@gmail.com. Die reg om nie hierdie posisie te vul word voorbehou.
See product