Jy nie genoeg
Top sales list jy nie genoeg
Potchefstroom (North West)
48ha Plaas net buite Potchefstroom met 2ha besigheidsregte. Wil jy 'n winkel of padstal kom oopmaak met genoeg winkelspasie voor teen die hoofpad? Dan is hierdie die ideale geleentheid. Agter die winkel en store is daar 46ha wat as landbougrond gebruik kan word en is ideaal vir voeraanplanting of pekaneutbome. Dis ideaal ook vir voerkrale met 6 boorgate op verskeie areas op die grond. Tans is daar 2 boorgate wat gebruik word waarvan een so om en by 13000 liter per uur gee. Die ander boorgate kan ook getoets word. Hierdie plaas bied die volgende: Hoofwoning: - 4 slaapkamers - 2 badkamers - 2 leefareas - kombuis met opwas - swembad - 4 groot motorhuise vir voertuie - groot store en buite geboue - 6 boorgate waarvan 2 tans toegerus is - groot sementdam - werkershuise - 2ha besigheidsregte met 'n winkel en stoorkamers - 46ha oulande met mooi rooigrond Woonstel: - 2 slaapkamers - 1 badkamer - 1 leefarea - kombuis 3-fase Eskom krag Kontak my vir 'n afspraak. Hierdie is 'n geleentheid om nie te mis nie. # Parking: 4 Property Reference #: 2105102 Agent Details: Koos Dupper Noordbrug Properties 4 Stuart Street Potchefstroom
R 2.500.000
See product
Bloemfontein (Free State)
Moeg vir die stads lawaai, smag jou siel na rus en vrede, wil jy vars lug inasem en die reuk van vars geploegde lande inadem? Jy hoef nie verder te soek nie, want hierdie plasie, bied alles waarna jy soek! Die eiendom bestaan uit die volgende: Grootte van grond: 47,2572 (SEWE EN VEERTIG komma TWEE VYF SEWE TWEE) HEKTAAR 2 Huise (1x 3 slaapkamer met een badkamer (150m3) 1x 4 slaapkamer met 2 badkamers (180m3) 6 Motor huise met oprol deure + 1 afdak Winkel met dubbelverdieping stoor bo-op 3 Buite geboue en Melkstal. 4 boorgate sterk water (3 nie in gebruik) – 1 in gebruik wat alles tans voorsien van water Eskom krag (geen water of krag van Mangaung) Winkel lisensie + Drank lisensie word oorgedra aan nuwe koper. Lande geploeg 35 hektar. Kontak Leon van Quantum Property Brokers op 0716755387 om besigtiging te reël. # Parking: 6 Property Reference #: 151 Agent Details: Louise de Bruin Quantum Property Brokers 11 Mimosa Avenue, Bainsvlei, Bloemfontein, 9338 Bloemfontein
R 3.500.000
See product
Parys (Free State)
178ha Saai- en beesplaas asook lodge met rivierfront in Parys-area met die mooiste natuurskoon. Die plaas bied soveel moontlikhede vir die natuurliefhebber of as jy wil boer. Hier is talle wild, gastekamers en selfsorgeenhede vir groot gesinne of groepe vriende. 'n Lieflike venue wat gebruik kan word vir troues, partytjies, familiefunksies of net lekker saam kuier. Jy kan die staproetes kom geniet en ontspan in die onderdak-swembad. Met die rivier baie naby, kan jy ure se visvang geniet of net ontspan langs die water. Hierdie plaas bied ook die volgende: - kantoor - akkomodasie vir 55 gaste (27 kamers en 15 badkamers) - venue vir troues, funksies - 2 groot bomas met volle kombuise en braaigeriewe - waskamer vir linne - wild ingesluit (3 kameelperde, 15 inyalas, 4 rooihartebeeste, 1 koedoe, 15 elande, 25 springbokke, 18 rooibokramme, 30 rooibokooie, 5 zebras en takbokke) - 2.1 meter wildsheining rondom die plaas - 2.2km rivierfront - staproetes (8km) - waterregte vir 15ha vir besproeiing - 60+ha ploegbare grond onder smitsvinger tans - 3 groot store - 3 boorgate toegerus (2 met sonpanele) - 2 sementdamme en 1 gronddam - 1ha wat verhuur word langs die rivier (met 'n swembad en geriewe) - Eskom 3-fase krag (200kva) - voertuig om wild te besigtig is ingesluit BTW is ter sprake. Kontak my gerus vir 'n afspraak. Groot geleentheid wat nie gemis moet word nie. (Slegs kliënte wat reeds goedgekeur is en bankwaarborge kan lewer) Property Reference #: 2010170 Agent Details: Koos Dupper Noordbrug Properties 4 Stuart Street Potchefstroom
R 11.500.000
See product
Parys (Free State)
2.2ha Rivierhuis langs die Vaalrivier met akkommodasie vir 8 gaste met die mooiste natuurskoon en voëllewe. Die ideale plek vir iemand wat wil aftree of wil verhuur vir ekstra inkomste terwyl jy daar bly en werk in die nabye dorpe of stad. As jy lief is vir visvang dan is hierdie die regte plek terwyl die kinders in die swembad kan baljaar. Met die mooiste sonsondergange is daar nog wild wat vrylik rondbeweeg wat jou laat voel of jy in die wildtuin woon. Jy is omring met die mooiste tuine rondom jou en dit is veilig en privaat. Ligging: - Parys - 11 km - Vredefort - 12 km - Potchefstroom - 55 km - Vereeniging - 75 km - Johannesburg - 115 km Hoofwoning: - 2 leefareas - groot buitestoep - 3 slaapkamers - 2 badkamers (elkeen met 'n bad en stort) - kombuis met ingeboude stoof - spens - waskamer - 2 motorhuise met 'n groot afdak vir 4 motors - boma met ingeboude braai - swembad op die walle by die rivier - elektriese hek by hoofingang - alarmstelsel - gevestige tuin met 20 sprinklers - boorgat wat toegerus is - akkommodasie vir 8 mense wat wil oornag en die rustigheid geniet (eksta inkomste) Eskom 3-fase krag. Moenie hierdie eiendom misloop nie. Slegs ernstige kopers asb. # Parking: 2 Property Reference #: 2401964 Agent Details: Koos Dupper Noordbrug Properties 4 Stuart Street Potchefstroom
R 4.150.000
See product
Potchefstroom (North West)
4.1 ha Vaalrivier-hoewe met baie ontwikkelingspotensiaal. Hierdie hoewe bied die koper soveel moontlikhede. Wil jy op klein skaal boer, dan is hierdie net die regte plek vir jou. Pekaneutbome is baie gewild om te plant in hierdie area. Daar is verskeie opsies om te oorweeg. Daar is ook kamers wat omskep kan word vir vissermanne wat naweke wil kom visvang. Hierdie hoewe bied ook die volgende: - ruim 2 slaapkamer woning - volledige badkamer met aparte toilet - kombuis - leefarea met kaggel - 6 kamers (onvoltooid) - ablisieblok (onvoltooid) - groot oop stoor - boorgat (nie toegerus nie) - 110 meter rivieroewer - Eskom 3-fase krag Kontak my gerus vir 'n afspraak. Property Reference #: 2005042 Agent Details: Koos Dupper Noordbrug Properties 4 Stuart Street Potchefstroom
R 1.895.000
See product
Potchefstroom (North West)
As jy lief is om met mense te werk, dan is hierdie die ideale plek vir jou. Kom en leef jou drome en ander mense se drome hier uit. Die gastehuis en sy omgewing is pragtig geleë en skep die mooiste prentjie met 200 meter rivierfront en baie opsies om verder te ontwikkel. Slegs 9.5 km vanaf Parys. Die Hoofhuis bestaan uit: • 3 slaapkamers • 2 badkamers • sitkamer • eetkamer • waskamer Gastehuis bestaan uit: • 10 slaapkamers • 10 badkamers met stort en toilet • eetsaal • ontvangs area tweede huis bestaan uit: • 3 slaapkamers • 2 badkamers • sitkamer • eetkamer Woonstel 1: • 2 slaapkamer • 1 badkamer • sitkamer Woonstel 2: • 1 slaapkamer • 1 badkamer addisonele inligting: • 4 Boorgate 2 met dompel pomp • 4 water tenks • 1 groot plaas dam Kontak my gerus om nie die geleentheid te mis nie. # Parking: 2 Property Reference #: 2003163 Agent Details: Riana van Garderen Noordbrug Properties 4 Stuart Street Potchefstroom
R 12.000.000
See product