-
loading
Ads with pictures

Bestuur vir


Top sales list bestuur vir

Paarl (Western Cape)
Goeie dag Ek het ñ Boerdery Bestuur N6 kwalifikasie en wag nog vir my Deploma. Ek is op soek na ñ pos op ñ plaas. Ek het kennis in die verbouing en kwaliteit inspeksie van tafeldruiwe, kern en steenvrugte. Ek het ook ñ pasie vir diere en sal graag met vee ook wil werk. Ek het ñ natuulike maganiese anleg. Ek kan met elektrisiteit (enkel en 3 fases) werk. Ek kan motor machanics en 4 soorte sweis werk doen. Ek ook besproeiing doen. As iemand vir my ñ geleentheid het skakel my asb by 0632265425 of vind my op whatsapp.
See product
Port Elizabeth (Eastern Cape)
**WERKSGELEENTHEID BESKIKBAAR** PROJEK BESTUURDER Eiendomsontwikkelaar in Port Elizabeth is opsoek na n PROJEK BESTUURDER om by hulle groeiende span aan te sluit, die suksesvolle aansoeker sal verantwoordlik wees vir die koordinering van daaglikste take op bou panele, kontrakteure en sub – kontrakteure aan te stel in die Port Elizabeth omgewing, as ook om kontrakteure te bestuur om te verseker dat verskillende projekte op tyd voltooi word, die kandidaat moet die vermoë hê om materiaallyste te bereken en in te vul, asook die bestelling van dit WERKSVERPLIGTINGE: -Minimum 3 jaar ondervinding in n soortgelyke rol (binne die konstruksie en eiendoms ontwikkelingsbedryf vir residensiele eiendom, sal voordeling wees -Toepaslike diploma/graad sal voordeling wees -Geldige Bestuurslisensie -Moet gelyktydig op verskillende bou panele kan werk -uitstekende interpersoonlike,konflikoplossings en kommunikasievaardighede -Moet in Port Elizabeth woon -N lys met subkontrakteurs vir arbeid sal voordeling wees -Stuur asseblief U opgedateerde CV na: jobs@acgs-properties.co.za -As U nie binne twee weke vanaf die datum van U aansoek van ons hoor nie, moet U dit as onsuksesvol beskou
See product
Port Elizabeth (Eastern Cape)
**WERKSGELEENTHEID BESKIKBAAR** KONSTRUKSIE BESTUURDER Eiendomswikkelaar in Port Elizabeth is opsoek na n konstruksie bestuurder om by hulle groeiende span aan te sluit, die suksesvolle aansoeker sal verantwoordlik wees vir die koordinering van daaglikste take op bou panele, kontrakteure en sub – kontrakteure aan te stel in die Port Elizabeth omgewing, as ook om kontrakteure te bestuur om te verseker dat verskillende projekte op tyd voltooi word, die kandidaat moet die vermoë hê om materiaallyste te bereken en in te vul, asook die bestelling van dit WERKSVERPLIGTINGE: -Minimum 3 jaar ondervinding in n soortgelyke rol (binne die konstruksie en eiendoms ontwikkelingsbedryf vir residensiele eiendom, sal voordeling wees -Toepaslike diploma/graad sal voordeling wees -Geldige Bestuurslisensie -Moet gelyktydig op verskillende bou projekte kan werk -uitstekende interpersoonlike,konflikoplossings en kommunikasievaardighede -Moet in Port Elizabeth woon -N lys met subkontrakteurs vir arbeid sal voordeling wees -Stuur asseblief U opgedateerde CV na: jobs@acgs-properties.co.za -As U nie binne twee weke vanaf die datum van U aansoek van ons hoor nie, moet U dit as onsuksesvol beskou
See product
Jeffreys Bay (Eastern Cape)
Goeiedag ek is 38 jaar oud getroud met 2 kinders ek is opsoek vir werk as Melk plaas bestuurder. Kennis van die volgene. ▪︎weidings bestuur ▪︎daagliks alokasie ▪︎dag tot dag stal prosedures ▪︎kunsmatige insemenasie ▪︎afikim/delpro/dimsa ▪︎4th quadrand ▪︎arbeid bestuur ▪︎opstel en implementeer van protokole ▪︎besproeiing Indien iemand iets beskikbaar het of van iemand weet skakel my asb. Gavin Scheepers 0732610209 CV beskikbaar op aanvraag.
See product
Robertson (Western Cape)
'n Gemengde boerdery in Robertson omgewing is opsoek na die dienste van 'n Produksiebestuurder wat die wyndruiwe afdeling van die boerdery kan bestuur, asook hulp kan verleen met die oes van ander afdelings se vrugte (steenvrugte en sitrus). Vereistes: Die posbekleër sal rapporteer aan die Produksiehoof en verantwoordelik wees vir die produksie van wyndruiwe. Sleutelpligte: -Die bestuur van die menslike hulpbronne komponent -Plaag- en onkruidbeheer -Besproeiing -Snoei tot oes -Ontwikkeling van nuwe aanplantings -Rekordhouding en algemene administrasie -Deeglike kennis en ervaring van wyndruif verbouing (minimum 10 Jaar) -Ondervinding van parsmasjiene -Ondervinding en kennis van besproeiing, plaagbeheer, onkruidbeheer asook voeding -Goeie meganiese vaardighede en prakties aangelê wees -Bestuur van 'n span werknemers en werwing van spanne -Rekordhouding kan handhaaf bv Deurgee van lone -Basiese rekenaarkennis -Goeie menseverhoudings handhaaf, eie inisiatief kan neem en gemotiveerd wees -Kode 10 (EC1) lisensie met geldige PDP -Woonagtig in die Weskaap Die ideale kandidaat is 'n energieke en praktiese persoon, met baie goeie menseverhoudinge, wat oor die toepaslike ondervinding van wingerdverbouing beskik. Moet getroud wees en eggenoot moet 'n pos beklee en uitdagings van beroep verstaan, bereid wees om verlengde ure te werk en naweekdiens te verrig.Moet asb nie aansoek doen indien kwalifikasies of motivering ontbreek nie. Indien u belangstel in die geleentheid, e-pos asb 'n volledige CV aan zeemanboerdery@gmail.com Aansoeke sluite: 31 Maart 2021 Die Suksesvolle kandidaat begin 3 Mei 2021 Meld salaris en voordele verlang. Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons u binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.
See product
Paarl (Western Cape)
'n Gevestigde vervaardigingsmaatskappy, met sy aanleg geleë in die Paarl/Klapmuts area, beskik tans oor bogenoemde betrekking vir 'n betroubare persoon wat voldoen aan die volgende vereistes: - Rekeningkundige graad of diploma - Goeie excel kennis - Goeie finansiële kennis - Goeie kommunikasie vaardighede - 3 jaar of meer ondervinding in 'n soortgelyke pos. Die suksesvolle kandidaat sal aan die finansiële bestuurder rapporteer en nou saamwerk met die krediteure en debiteure afdeling. Rekeningkundige pligte behels o.a: - Teboekstelling van banktransaksies en joernale - Laai van betalings - Bestuur en opdatering van die krediteure stelsel - Byhou van verskaffer roumateriaal kontrak leêrs - Nagaan van krediteure rekonsiliasies en ouderdoms analises. - Nagaan van debiteure fakture - Maandelikse BTW rekonsiliasies, opstelling van BTW verslae - Opdatering en byhou van bateregister - Allokasie van uitgawes na hul regte rekeninge - Bestuur van kleinkas - Maandeinde rekonsiliasies - Bystaan en kontrole oor voorraadopnames - Waardasie van voorraad - BEE administrasie indien nodig - Enige ander ad hoc administrasie / finansiele take soos vereis word. Aflos van debiteure kontroleerder indien hy/sy op verlof is: - Opdatering van debiteure pryslyste - Skryf van debiteure joernale - Invoer van debiteure fakture en kredietnotas Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Stuur CV aan: nielvanrenen@gmail.com voor 9 Julie 2021. Salaris: Ongeveer (R20,000 - R25,000) per maand afhangende van kwalifikasies en ondervinding. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
See product
Paarl (Western Cape)
Ons kliënt SFF, 'n filiaal van Stems Fruit, is betrokke by die verbouing en uitvoer van verskillende steenvrug kommoditeite.Hulle bied tans 'n loopbaangeleentheid as EVALUASIE BESTUURDER: STEENVRUGTE. Die posbekleër sal optree as skakel tussen produsente en die kommersiële span en verantwoordelik wees vir - identifisering, verbouing, bestuur en evaluasie van nuwe steenvrug kultivars in proefpersele - invordering, vaslegging en rapportering van data - begrotings bestuur - hantering van teler/ produsente kontrakte.Die ideale kandidaat beskik oor: - Minimum 4 jaar toepaslike ervaring - rekenaarvaardigheid in MS suite - Uitstekende kommunikasie- en bestuursvermoë - goeie tydsbestuur en organisatoriese vaardighede. 'n Tersiêre kwalifikasie in Hortologie/Pomologie sal jou aansoek versterk.Indien jy belangstel in die geleentheid, e-pos asb ‘n volledige CV aan nadine@casupport.co.za of rig enige navrae aan Nadine by 021 913 0828 Indien jy aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons jou binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak. Job Reference #: CPT000774/Admin
See product
Paarl (Western Cape)
Ons kliënt SFF, 'n filiaal van Stems Fruit, is betrokke by die verbouing en uitvoer van verskillende steenvrug kommoditeite. Hulle bied tans 'n loopbaangeleentheid as EVALUASIE BESTUURDER: STEENVRUGTE. Responsibility: Die posbekleër sal optree as skakel tussen produsente en die kommersiële span en verantwoordelik wees vir - identifisering, verbouing, bestuur en evaluasie van nuwe steenvrug kultivars in proefpersele - invordering, vaslegging en rapportering van data - begrotings bestuur - hantering van teler/ produsente kontrakte. Die ideale kandidaat beskik oor: - Minimum 4 jaar toepaslike ervaring - rekenaarvaardigheid in MS suite - Uitstekende kommunikasie- en bestuursvermoë - goeie tydsbestuur en organisatoriese vaardighede. 'n Tersiêre kwalifikasie in Hortologie/Pomologie sal jou aansoek versterk. Indien jy belangstel in die geleentheid, e-pos asb ‘n volledige CV aan nadine@casupport.co.za of rig enige navrae aan Nadine by 021 913 0828 Indien jy aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons jou binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak. Job Reference #: CPT000774 Consultant Name: Ilana AuretPieters
See product
Robertson (Western Cape)
'n Gemengde boerdery in Robertson omgewing is opsoek na die dienste van 'n Produksiebestuurder wat die wyndruiwe afdeling van die boerdery kan bestuur, asook hulp kan verleen met die oes van ander afdelings se vrugte (steenvrugte en sitrus). Vereistes: Die posbekleër sal rapporteer aan die Produksiehoof en verantwoordelik wees vir die produksie van wyndruiwe. Sleutelpligte: -Die bestuur van die menslike hulpbronne komponent -Plaag- en onkruidbeheer -Besproeiing -Snoei tot oes -Ontwikkeling van nuwe aanplantings -Rekordhouding en algemene administrasie -Deeglike kennis en ervaring van wyndruif verbouing (minimum 5 Jaar) -Ondervinding van parsmasjiene -Ondervinding en kennis van besproeiing, plaagbeheer, onkruidbeheer asook voeding -Goeie meganiese vaardighede en prakties aangelê wees -Bestuur van 'n span werknemers en werwing van spanne -Rekordhouding kan handhaaf bv Deurgee van lone -Basiese rekenaarkennis -Goeie menseverhoudings handhaaf, eie inisiatief kan neem en gemotiveerd wees -Kode 10 (EC1) lisensie met geldige PDP -Woonagtig in die Weskaap Die ideale kandidaat is 'n energieke en praktiese persoon, met baie goeie menseverhoudinge, wat oor die toepaslike ondervinding van wingerdverbouing beskik. Moet getroud wees en eggenoot moet 'n pos kan beklee en uitdagings van beroep verstaan, bereid wees om verlengde ure te werk en naweekdiens te verrig.Moet asb nie aansoek doen indien kwalifikasies of motivering ontbreek nie. Indien u belangstel in die geleentheid, e-pos asb 'n volledige CV aan zeemanboerdery@gmail.com Aansoeke sluite: Die Suksesvolle kandidaat begin Meld salaris en voordele verlang. Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons u binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.
See product
Lichtenburg (North West)
ʼn Nuwe braaikuikenboerdery, in die proses om in die Lichtenburg-omgewing gevestig te word, is opsoek na die dienste van 'n hardwerkende en toegewyde plaasbestuurder. Hierdie is ʼn uitstekende posisie vir ʼn dinamiese persoon. Die ideale kandidaat moet beskik oor toepaslike ervaring, moet proaktief kan optree, en moet leierskap-, beplanning- en kommunikasievaardighede toon. Verantwoordelikhede sluit in: · Algehele bestuur van 10 omgewingsbeheerde hoenderhokke bestaande uit ongeveer 60 000 kuikens elk; · Personeelbestuur; · Rapportering en verslagdoening. Vereistes: · Minimum 5 jaar ervaring in ʼn boerdery-omgewing; · Goeie organisatoriese- en beplanningsvaardighede; · Goeie administratiewe en rekenaarvaardighede; · Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees. ʼn Kompeterende vergoedingspakket asook behuising word vir die suksesvolle kandidaat aangebied. Om aansoek te doen, stuur u CV saam met salarisverwagting na nezar.christian@gmail.com. Die reg om nie hierdie posisie te vul word voorbehou.
See product
Klerksdorp (North West)
? Braaikuikenboerdery tussen Klerksdorp en Wolmaransstad is opsoek na die dienste van 'n hardwerkende en toegewyde plaasbestuurder.Hierdie is ? uitstekende posisie vir ? dinamiese persoon. Die ideale kandidaat moet oor toepaslike ervaring beskik, moet proaktief kan optree, en moet leierskap-, beplanning- en kommunikasievaardighede toon.Verantwoordelikhede sluit in:· Algehele bestuur van omgewingsbeheerde hoenderhokke;· Personeelbestuur; en· Rapportering en verslagdoening.Vereistes:· Minimum 3 jaar ervaring in ? boerdery-omgewing;· Goeie elektriese en meganiese vaardighede; en· Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees.? Kompeterende vergoedingspakket asook behuising word vir die suksesvolle kandidaat aangebied. Om aansoek te doen, stuur u CV saam met salarisverwagting na doornfonteinbraaikuikentrust@gmail.com. Die reg om nie hierdie posisie te vul word voorbehou.
See product
Worcester (Western Cape)
Goeie dag almal Ek is opsoek na ñ pos op ñ plaas of enige ander landbou onderneming. Ek het ñ Boerdery Bestuur N6 kwalifikasie en wag nog vir my Deploma. Ek het kennis in die verbouing en kwaliteit inspeksie van tafeldruiwe. Ek het ook ondervinding met die kwaliteit inspeksie van steen en kernvrugte by pakstore en koue vrugte. Ek het ondervinding in besproeing instaleer en resperasies. My cv en kwalifikasie is op aanvraag beskikbaar. Kontak my gerus by 0632265425 of vind my op whatsapp.
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.