FINANSIËLE- & ADMINISTRATIEWE BEAMPTE IN PAARL
‘n Produsente-uitvoeronderneming (Tafeldruiwe en Sitrus) in die Paarl verlang die dienste van ‘n energieke persoon wat ondersteuning aan senior bestuur kan verleen ten opsigte van ‘n verskeidenheid van funksies. Die ideale kandidaat moet voldoen aan die volgende vereistes: • ‘n Baccalaureus-graad in Rekeningkunde/Finansiële Bestuur/Besigheids-administrasie; • Effektiewe kommunikasievaardighede in beide Afrikaans & Engels; • Sterk analitiese vermoëns; • Hoë-vlak rekenaarvaardigheid met grondige kennis van MS Office (veral Excel) & Pastel/Xero; • Vermoë om onafhanklik en onder druk te funksioneer; • Doeltreffend vanaf huis/eie kantoor/”remote” kan funksioneer. Verantwoordelikhede sal/kan insluit, maar is nie beperk, tot: • Rekeningkundige rekord-houding in Pastel/Xero • Debiteure, krediteure, produsentebetalings, rekonsiliasies ens • Bestuur en monitering van verskeie bankrekeninge; • Statutêre opgawes • Verskeie logistieke & administratiewe funksies met betrekking tot uitvoer van vrugte. Vorige ondervinding in ‘n vrugte-uitvoeromgewing sal ‘n aanbeveling wees. Vergoeding sal bepaal word in ooreenstemming met die vlakke van kennis en ondervinding van die suksesvolle kandidaat. Sluitingsdatum: 10 September 2021 Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik, maar nie later as 1 November 2021 Indien aansoekers teen 17 September 2021 geen terugvoer ontvang het nie, kan aanvaar word dat aansoek nie suksesvol was nie. Die adverteerder behou hom verder die reg voor om die advertensie te onttrek voor die sluitingsdatum. Stuur CV aan chris64@wol.co.za
4.00/5
1 reviews
Price:
R 0,00
R 0,00
Contact
CONTACT