CIVIL SITE AGENT IN WORCESTER
Siviele Terreinbestuurder / Civil Site Agent Het jy ervaring in siviele- en boukonstruksie? Is jy werkgierig en witwarm wanneer dit by die algemene en "hands-on" bestuur van projekte kom? Indien so, ondersoek hierdie geleentheid om by 'n dinamiese siviele ingenieurswes- en kontrakteursfirma in Worcester aan te sluit. Wat sal daar van jou verwag word? Bestuur en beplan konstruksiesprojekte. Mitigeer enige vertragings onmiddellik. Beplan en beding beste boumateriaalpryse in oorleg met die Aankoper en QS. Verseker toepassing van Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, asook arbeidswetgewing en prosedures. Verduidelik en kommunikeer teikens en uitkomstes aan spanwerkers. Beskikbaar om gerieflik binne omtrek van 150km vanaf Worcester te werk, asook om indien nodig, oortyd te kan werk. Vermoë om spanne van tussen 20-30 werkers te bestuur. Waaroor moet jy reeds beskik? 5-10 jaar siviele ondervinding (hoofsaaklik grond-, beton- en bouwerk) wat bestuur/toesig insluit. Relevante kwalifikasie bv. Nasionale Diploma/BTech in Siviele Ingenieurswese geniet voorkeur. Kennis van kostebestuur, vorderingsverslae, opmetings en betalingsertifikate. Gedemonstreerde kennis van MS Office Suite (insluitend MS Project). Geldige bestuurslisense (PDP voordelig). Uitstekende kommunikasievermoë in Afrikaans (hoofsaaklik) en Engels. Vertel my van die voordele? Mededingende vergoeding. Medies. Voertuig om vanaf huis en/of kantoor na werkspersele te pendel. Sterk loopbaanvooruitsigte. Uitmuntende span om mee saam te werk. Stuur jou CV so gou moontlik en nie later as 31 Oktober 2020 na recruitment@protektumhr.co.za.
4.00/5
1 reviews
Price:
R 0,00
R 0,00
Contact
CONTACT