DIE STORIE VAN MONICA PETERS - E.K.M. DIDO IN SOUTH AFRICA

 Die storie van Monica Peters - E.K.M. Dido - Kwela - 1996, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband in baie mooi toestand. In “ Die storie van Monica Peters ” vertel die bruin vrou Monica Peters haar lewensverhaal as memoires aan haar kinders en kleinkinders, wat haar verhaal op band opneem. So sluit die verhaal ten nouste aan by die orale tradisie, waar verbeelding en agterna-interpretasie die vertelling kleur sodat dit moeilik is om tussen werklikheid en verbeelding te onderskei, die vertelwyse naïef en ongesofistikeerd is, die gebeure chronologies gerangskik word en geïdealiseer word en die karakters getipeer is eerder as genuanseerd. Die verteltydperk stem in alle opsigte ooreen met die tyd van apartheid, met Monica wat haar verhaal begin toe sy agt jaar oud was (in 1948, die jaar van die Nasionale Party se bewindsoorname) en dit beëindig in 1994 (die jaar van die demokratiese verkiesing), toe sy 54 jaar oud is. Haar storie is dus baie nou gekoppel aan die storie van die land. Monica word groot in ’n klein dorpie in Transkei waar die kinders van alle rasse steeds saam op die skoolbanke sit en daar rasseharmonie heers. Die nuwe magistraat dwing egter apartheid af en die rasse word op alle gebiede geskei. Monica raak verlief op Eric Richmond, die magistraat se seun, en wanneer sy swanger word trou hulle in die geheim in Swaziland. Na hulle huwelik is vrees en frustrasie hulle daaglikse lot, want hulle moet gedurig ontvlug om uit die hande van die gereg te bly. Hulle stryd teen apartheid neem hulle dan vir 25 jaar in bannelingskap in Londen. Na die vrylating van Mandela keer hulle terug na Suid-Afrika as vry mense. Ten spyte van die algemene bevryding van die bevolking, voel sy haar as bruin vrou steeds vreemd en ontuis in haar eie vaderland. Eric sterf dan in ’n sluipmoordaanval, wat Monica dwing om weer haar prioriteite in oënskou te neem. Haar goeie vriend Franklin, wat reeds baie jare op haar verlief is, stap egter in om die gaping in haar lewe te vul. 

4.00/5

1 reviews

Add to your favorite ads
Die storie van Monica Peters - E.K.M. Dido
loading
Price: R 55,00
R 55,00
2738054
Accept terms and conditions and privacy policy

Avoid frauds by contacting local ads only, and if possible try to collect the item by person. Do not be persuade by those who dispatch from another country or that request you to be paid by check or MoneyGram / ​​Western Union / Efecty, without any guarantee. We recommend you to read our safety tips.

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.